Vliegtuig doen noodlanding op N1 by Kroonstad, Toestand van Kroonstad paaie te haglik om vliegtuig te herwin

’n Vlieënier van ’n Tiger Moth ligte vliegtuig moes ’n noodlanding op die N1 by Kroonstad doen nadat hy enjin probleme ondervind het.

Die vliegtuig was onderweg van die Randse lughawe en het in Kroonstad geland om brandstof in te neem.

Kort na die vliegtuig opgestyg het, het die vlieënier enjin probleme begin ondervind en moes ’n noodlanding maak.

Owerhede is na die toneel ontbied om die verkeer te reguleer en om die vliegtuig na die Kroonstad lughawe te sleep.

Die vliegtuig kon egter nie na die lughawe gesleep word aangesien die paaie in ’n haglike toestand is en ernstige skade aan die tuig kan veroorsaak.

Die vliegtuig staan tans voor die Jordania park-aftreeoord in die dorp en sal vermoedelik daar herstel moet word.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui