Nóg gevalle van voertuie wat deur penne ry

GAUTENG. – Nog voertuie het teen Donderdagaand binne die bestek van ‘n kort tydperk deur strategies geplaasde penne gery.

Slagoffers is op die N4 in ‘n westelike rigting net voor Brits se tolhek van selfone en bankkaarte beroof.

‘n Enkelvoertuig is omstreeks 19:20 op die N1 in ‘n suidelike rigtig voor Wallmansthal deur penne. Die motoris het vir sy eie veiligheid skote geskiet. Hy was deur die polisie, Tshwane-metropolisie, Tracker SA en GTP, bygestaan.

Omstreeks 20:00 op die N1 in ‘n noordelike rigting voor Sefako Makhatho-rylaan (voorheen Zambezi-rylaan) is drie voertuie by die steengroef deur penne.

Motoriste word gemaan om verstigtig te wees wanneer hulle snags ry. Raad is om eerder besittings te oorhandig en ‘n nuwe band te koop as om jou lewe te verloor. Indien jy deur penne ry, verminder spoed, maar probeer om nie te stop indien dit nie absoluut noodsaaklik is nie. Stuur jou ligging onmiddellik op een van die noodgroepe aan sodat jy dadelik hulp kan kry.

Verskeie noodgroepe vir verskillende roetes in en om Gauteng is op die been gebring, wat doeltreffend is om slagoffers wat deur penne ry, by te staan. Slagoffers word versoek om ook sake by die polisie aan te meld.

Nuusflits het vroeër berig ‘n ambulansdiens se noodvoertuig het ook deurgeloop, maar bystand was binne enkele minute by hulle om te help.

Marí Murray het die volgende inligting op die groepe geplaas:

Dear Members,

One of the biggest challenges the Authorities are facing is that people don’t report incidents.

Therefore it can’t be acted upon, meaning curbing crime, working on preventive measures as well, not only bringing criminals to justice.

Therefore, please should you fall victim of a crime, report report report .

It’s not only for the Authorities’ sake, but it’s a matter of public interest, to create awareness crossboard.

Having said that, we can’t confirm if a route to be traveled is safe or not.

Our best advice we can give is to always remain vigilant , no matter where you are.

Keeping the group open for reporting and emergencies now.

Safe Travels everyone.

André du Bruyn het die volgende waarskuwing op AfriForum Centurion se Facebook-blad geplaas:

21:00 06/05/2024 Padspykervoorval.

Ambulans tref padspykers op die N4 naby die M35 Onderstepoort, geen beserings. SAPD en alle nooddienste is op toneel.

Stel iemand in kennis van u reis. Wees uiters versigtig en indien moontlik, moet nie stilhou nie! Probeer stadigaan beweeg na die naaste veilige punt vir hulp.

Hier is lys van die laaste paar weke se knelpunte:

1. N4 Oos – tussen Solomon Mhalangu en Watermeyer

2. N4 Oos – Donkerhoek-afrit

3. N4 Oos – tussen Bronkhorstspruit- en Balmoral-afrit

4. N4 Wes – tussen R80 Mabopane- en Brits-afritte

5. N1 en N4 Oos wisseling

6. R21 Snelweg – tussen Nellmapius- en Olifantsfontein-afritte

7. R562 Olifantsfontein

8. N17 tussen Rondebult- en Heidelbergweg

9. N12 tussen Potchefstroom- en Klerksdorp

10. N12 Witbank snelweg by Merridale Brug

11. N3 tussen Leondale- en Barry Marais afritte

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui