Die Suid-Afrikaanse Polisie ondersoek beweerde handtekening vervalsing deur Zuma se MK-party

Gaan Jacob Zuma se Umkhonto we Sizwe (Mk)-party in die verkiesing op 29 Mei staan?

Die Zuma georiënteerde MK party het nog nie eers aan ’n verkiesing deelgeneem nie en die eerste tekens van bedrog is alreeds te bespeur. Jacob Zuma is reeds bekend vir al sy bedrieëry toe hy die rol as presedent beklee het. Daar is baie omstredenheid rondom die tyd wat hy aan bewind was.

Die polisie in Kaapstad het Dinsdag (30 April) gesê hulle ondersoek of die groep ondersteuners se handtekeninge vervals het om vir die algemene verkiesing te registreer.

Die jongste ondersoek na die MK Party het gekom nadat City Press, ‘n nasionale koerant berig het dat ‘n voormalige party beampte aan die polisie gesê het daar is ‘n uitgebreide skema om van die 15 000 handtekeninge te vervals wat deur die Verkiesingskommissie van SA vir partye vereis word.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Maandag gevra vir ‘n “spoedige” ondersoek.

Met verwysing na die MK Party-woordvoerder, het die plaaslike nuusblad IOL Dinsdag (30 Apr.) berig dat die groep die polisie-ondersoek verwelkom.

Die woordvoerder beskryf die skrywer van die beskuldigings as ‘n party vrywilliger wat ontevrede geraak het nadat hy van die party se parlementêre lys verwerp is.

Oudpresident Jacob Zuma bly gewild in sommige dele van die land.

Jacob Zuma het verlede Desember in ‘n skokbeweging aangekondig dat hy nie die regerende ANC sal steun waardeur hy twee keer tot Suid-Afrika se president verkies is nie.

27 miljoen Suid-Afrikaners is geregistreer om te stem.

Vanjaar se algemene verkiesing sal na verwagting een van die land se mees fel betwiste peilings wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui