Apple se inkomste het vir ‘n vyfde agtereenvolgende kwartaal gedaal, gedryf deur die skerpste afname in iPhone-verkope sedert die vroeë dae van die Covid-19-pandemie.
Die Kalifornië-gebaseerde tegnologiereus het Donderdag ‘n wins van $23,6 miljard (R440 miljard) op $90,8 miljard (R1,3 triljoen) se inkomste gedurende die Januarie-Maart-tydperk gerapporteer.
Die verkope van die iPhone het met 10 persent gedaal, tot $45,7 miljard te midde van groeiende mededinging van Chinese mededingers soos Huawei en Xiaomi.
Verkope in Groter China, een van Apple se belangrikste markte, het tot $16,4 miljard gedaal vanaf $17,8 miljard jaar-tot-jaar, ‘n afname van byna 8 persent.
Die verkope daling was die grootste insinking sedert die derde kwartaal van 2020 toe fabrieks sluitings weens COVID die vrystelling van die iPhone 12 vertraag het.
Tog het die inkomste daling bo beleggers se verwagtinge gekom, en die maatskappy se aandele het gestyg op nuus van ‘n terugkoop van aandele en hoër kwartaallikse dividende.
Apple-aandele het byna 6 persent gestyg in na-mark verhandeling toe die firma aangekondig het dat hy $110 miljard van sy eie aandele sou terugkoop en sy kwartaallikse dividend met 4 persent tot $0,25 per aandeel sou verhoog.
“Danksy baie hoë vlakke van klantetevredenheid en lojaliteit het ons aktiewe geïnstalleerde basis van toestelle ‘n nuwe hoogtepunt bereik oor alle produkte en alle geografiese segmente, en ons besigheids prestasie het ‘n nuwe VPA-rekord vir die Maart-kwartaal gedryf,” Apple Luca Maestri, finansiële hoof, in ‘n verklaring gesê.
“Gegewe ons vertroue in Apple se toekoms en die waarde wat ons in ons aandele sien, het ons direksie ‘n bykomende $110 miljard vir aandeleterugkope gemagtig. Ons verhoog ook ons kwartaallikse dividend vir die 12de jaar in ‘n ry.”
Apple se lou resultate kom ná ‘n moeilike begin van die jaar vir die maatskappy.
Behalwe dat die maatskappy onder toenemende druk van Chinese teenstanders te staan kom, word die maatskappy deur antitrustreguleerders in die VSA en Europa ondersoek en het onlangs sy dekade lange projek om ‘n elektriese motor te bou, laat vaar.
Intussen het Apple se gemengde-werklikheid-headset, die Vision Pro, die maatskappy se enigste nuwe produk sedert die vrystelling van die Apple Watch in 2015, nog nie aansienlik tot verkope bygedra nie.
Die toonaangewende maatskappy sukkel ook met persepsies dat hy agter mededingers soos Microsoft en Google raak in die wedloop om kunsmatige intelligensie (KI) te ontwikkel en uit te voer.
Tydens ‘n konferensie-oproep Donderdag het Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, ontleders probeer verseker dat die maatskappy KI-produkte in die werke het.
“Ons glo in die transformerende krag en belofte van KI, en ons glo ons het voordele wat ons in hierdie nuwe era sal onderskei,” het Cook gesê.
“Ons sal in die komende weke meer daaroor praat,” het hy bygevoeg.
