AFRIKAANS EN AFRIKANERSKAP, ONTSTAAN. DEEL TWEE

Daar is ’n groot verwarring onder ons as volk en die wêreld oor die ontstaan van Afrikaans en Afrikanerskap.

Die ontstaan van ons as volk bekend as die Boere- of Afrikaner volk se ontstaan het ’n ryke geskiedenis. VOLKSKRAG NUUS het dit goedgedink om ’n reeks te plaas oor die ontstaan van ons as volk.

Die inligting is verkry vanaf die amptelike werkstuk van die universiteit van Kaapstad van 1940

Skripsie aangebied ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die Graad M.A. in Nederlands en Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad. Oktober 1940.

DOEL VAN REEKS.

My doel met hierdie reeks is nie om ‘n geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging te gee nie. Ek wil slegs aandui hoe die genootskappe en ander stryers vir die Afrikaanse saak hul gestelde doel, n.l. om die nasionale gevoel van die volk aan te wakker en die volk te oortuig van die waarde van sy eie taal, deur die uitgee van Afrikaanse geskrifte probeer bereik het.

Ook is my doel nie om te let op die literêre waarde van die werke of om die geskiedkundige uiteensettinge daarin aan die waarheid te toets nie. Ek wil net maar ‘n studie maak van die rol wat hierdie werke in die verwesenliking van ‘n nasionale oplewing gespeel het.

In hierdie opsig speel die Patriot ‘n belangrike rol, want dit.is die eerste koerantjie wat die mense in hul eie taal gekry het en wat hul aangemoedig het om uitdrukking te gee aan bul menings in briewe en ander stukke in hulle eie taal geskryf. Hierdie koerantjie, wat deur die hele land versprei is, veral op die platteland, bereik en beïnvloed daardie deel van die volk wat anders ontoeganklik sou gebly het. Vir elke Afrikaner, wat hy ook al doen, is daar iets van belang in die Patriot.

Omdat verreweg die meeste boekies oordrukke is uit die Patriot, behandel ek nie die Patriot self as tydskrif nie, maar alleen die werke wat as aparte boeke verskyn het. Ook behandel ek nie die ander tydskrifte, soos Ons Klyntji, en die Almanakke nie, behalwe waar dit nodig is om lets daaruit aan te haal.

Al die Afrikaanse geskrifte wat dan verskyn het voor en tot 1900 maak die kern uit van my studie. Ek probeer in aanduiding gee van die groot kulturele waarde van die geskrifte; dat hierdie werke slags middele was wat gebruik is vir die een groot doel – die aankweking van ware nasionaliteitsgevoel by die Afrikanervolk. So kry ons soms bewuste pogings tot propaganda vir die

Afrikaanse saak deur middel van hierdie geskrifte.

My doel is ook om sovêr moontlik te bepaal in hoevêr hierdie boeke werklik gebruik is, hoevêr sekere werke herdrukke beleef het en daar meer as een uitgawe was van dieselfde boek. Ook is dit interessant om te sien watter boeke die populêrste was onder die volk, want gewoonlik word daar dan melding gemaak van die groot aantal eksemplare van die werk wat binne 1n paar dae uitverkoop is en dat daar aanvraag kom vir meer.

PROBLEME.

Een van die groot probleme waarmee ek te kampe gehad het in die studie, was om uit te vind wie die skrywers van sommige van die werke was. Omdat die mense nog skrikkerig was om onder bul eie name te skryf, of uit ‘n drang om snaaks te wees, het bulle onder allerlei skuilname geskryf, met die gevolg dat dit in bale gevalle moeilik was om uit te maak wie skrywers is, veral waar dit nie op die titelblad aangegee word nie of waar onbekende skuilname voorkom.

1) In bale gevalle, egter, kon ek die skrywer bepaal deur sy skryfwyse van ‘n vroeër werk te herken, veral by die werke van Ds. S. J~ du Toit. Ook omdat S. J. du Toit omtrent die enigste skrywer is wat verbasend goeie Afrikaans skrywe, kan ‘n mens altyd sy werk herken.

Soms, weer, was ‘n advertensie op die buiteblad van een of ander boek vir ‘n bepaalde werk behulpsaam wanneer valle besonderhede omtrent die werk asook die skrywer daarvan genoem is. ‘n Ander probleem was om die jaar waarin ‘n bepaalde boekie verskyn het, te bepaal, want in ‘n hele paar gevalle verskil daar geen jaartal op die titelblad nie.

Hier, weer, kon ek soms met behulp van informasie uit advertensies by benadering opmaak in watter jaar die bepaalde boek verskyn het.

Ook het dit moeilik gegaan om die stof vir die studie in hande te kry, want hierdie geskrifte is vandag baie seldsaam en dus nie maklik verkrygbaar nie. Soms ook was baie van die dinge oud, geel en stukkend en derhalwe op plekke moeilik uit te maak. Ek het gewerk volgens die lys wat Prof. Smith in Die Huisgenoot van Februarie 1922 aangee en daarvan was daar 8 van die werke wat ek nie kon kry nie.

Daar was ‘n aantal skuilname wat wel bekend was.

DIREKTE PROPAGANDA VIR AFRIKAANSE TAAL.

a. Stukke wat direk oor die taal handel. Soos reeds gesê, speel taal ‘n belangrike rol in feitlik alle nasionale bewegings. Dit is ‘n belangrike faktor, want as gevolg van nasionale hoogmoed en trots, van neigings tot nasionale uitbreiding en oorheersing, ontstaan daar deur taal sosiale en politieke konflikte.

Die konflikte het dan te doen met die publieke gebruik en erkenning van die taal in die Kerk, in sake van wetgewende aard, administrasie en ekonomiese verhoudings. Verder bestaan daar ook die moontlikheid om propaganda te maak vir die taal deur middel van skole, ander organisasies en inrigtings en ook om die taal te verdedig teen pogings tot onderdrukking en ondermyning. Dit is dan ook onder sulke omstandighede dat die neiging ontstaan om ander tale te onderdruk en die eie taal op die voorgrond te bring.

Die belangrike rol wat taal in nasionale konflikte mag speel, kan toegeskryf word aan die onenigheid wat daardeur veroorsaak word. Onder enige omstandighede kan daar nie twee of meer tale terselfdertyd gebruik word nie, en word mense dus eerder genoodsaak om, wat die taal betref, ‘n besluit te neem, as in die geval van gewoon tes) ens.

Bo alles vorm taal ook die grondslag van alle hoër vorme van kulturele en geestelike lewe, van die wetenskap en letterkunde van ‘n volk ongetwyfeld is taal dus die sterkste band wat die verskillende kulturele uitings van ‘n volk aaneenskakel.

So het die Stryers dan besef dat die Afrikaanse taal, tot enige prys, erkenning moes kry, maar dat dit noodsaaklik was dat daar eers by die volk ‘n taal bewussyn moes aangewakker word: bulle moes oortuig word dat die Afrikaanse taal die enigste taal vir hulle was.

Encyclopedia of Social Sciences: Artikel: “Nationalism”

Dit is dan met hierdie doel voor oe dat daar ’n aantal boeke gepubliseer word wat direk oor die taal handel, waarin daar in uiteensetting van die groei en vordering van die taal gegee word, ook ‘n pleidooi vir die taal en goeie redes waarom dit geregtig is op erkenning. Hier is dit ook opmerklik hoe daar oordrewe klem gele word op die waarde van die Afrikaanse taal in teenstelling met Engels. So verskyn daar in hierdie verband in 1880 Die Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging ver vriend en vyand uit Publieke en Private Bronne;

Bewerk deur ‘n lad van Die Genootskap van Regte Afrikaners. Hierdie Geskiedenis van die Taalbeweging is om baie redes ‘n belangrike werk. Ten eerste kry ons waardevolle dokumente hierin oorgedruk en ook in uitvoerige geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging tot 1880 met ‘n behandeling van die rol wat die voorlopers speel in die oprigting van die

Genootskap van Regte Afrikaners. Wat ook van belang is in die werk, is die feit dat daar soveel aandag beste word aan ‘n oorsig van die Afrikaanse uitgawes wat tot 1880 verskyn het. In die “Voorrede” reeds, kry ons 1n aanduiding van die doel van die werk: ‘n Herhaaldelik en van verskillende kante is ons gevraag om tog ‘n kort verhaal van die geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging van die begin af, met al die stukke daarby,” aan die versoek wil die skrywe graag voldoen, want mense wil graag alles weer in volgorde lees, want dit gaat mar met koerante so, ‘n mens lees dit en dan verslinger dit weer.”

Verder word ook geag:

0ns geef hier die geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging, van die werksaamheid van onse taal erkend en beofend te kry as landstaal. Mag dit dien om vele teenstanders te oortuig, en alle voorstanders te verstrek en te bemoedig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui