Willem Petzer, Tewie Wessels, Devon Hofmeyr, Francois van der Merwe en oom Dries Olivier vandag in hof vir eerste verskyning.

Argief Foto

Willem Petzer, Tewie Wessels, Devon Hofmeyr, Francois van der Merwe, en Oom Dries Olivier sal vandag voorkom vir hul Hof verskyning in die Groblersdal se streekshof.

Hulle kom voor op aanklagte van, “Aanranding”, publiekegeweld/aanhitsing tot publieke geweld en oortreding van die “groups gathering act”

. Die saak is voortspruitend uit die vreedsame betoging waaraan die 5 deelgeneem het.

Die hofsaak sal hopelik om 9 uur begin. Tydens die borg aansoeke van Willem Petzer, Tewie Wessels, Devon Hofmeyr, Francois van der Merwe was die hofsake ernstig ontwrig deur die landdros wat gereeld laat was. Beurtkrag sowel as probleme met die klank en opname stelsels was ook as verskoning gebruik om die borg aansoeke te vertraag!

Francois van der Merwe was vir nagenoeg ’n maand in aanhouding voor hy borg kon kry. Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr wat hulself vrywillig oorgegee het, was nagenoeg 10 dae opgesluit voor hulle borg kon kry. Oom Dries Olivier het ’n dokters brief gehad en het later om borg aansoek gedoen.

Almal staan tereg op dieselfde klagtes…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui