71 In Kimberley gearresteer vir onwettige mynbou en betreding

KIMBERLEY – Die SAPD multi-dissiplinêre span, Operasie Vala Umgodi, het op Dinsdag, 26 Maart 2024 voortgegaan om die optrede en aktiwiteite van onwettige mynbou in Kimberley af te breek.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag besig om hoëdigtheidpatrollies te doen in brandpuntgebiede wat verband hou met onwettige mynbou in die aangewese distrik Frances Baard.

In een van die brandpuntgebiede het die wakker operasionele lede ‘n groep mense opgemerk wat besig was om te grawe op ‘n plaas naby Kimberley.

Die polisie het ontdek die groep het nie myn permitte om op die plaas te werk nie en is nie deur die eienaar toegang gegee om op sy plaas te grawe nie.

Hulle is daarna vir onwettige mynbou en betreding in hegtenis geneem.

Altesaam vier vroulike persone tussen die ouderdomme van 24 en 45 en 67 manspersone tussen die ouderdomme van 20 en 63 is in hegtenis geneem.

Daar is op talle siwwe, ’n blou VW-polo voertuig en ’n fiets beslag gelê.

Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga het die wetstoepassingsagentskappe geloof om onwettige mynbou en verwante misdade aan te spreek. Hy het daarop gesinspeel dat die samewerkende span onverpoosd sal voortgaan om onwettige mynbedrywighede in die provinsie te ontwrig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui