’n Suid-Afrikaanse Polisiekonstabel (29) is noodlottig in die kop geskiet toe die voertuig wat hy en sy lewensmaat bestuur het, gistermiddag, 31 Desember, tydens patrollie in Helenvale gaan staan het.
Hy was aandiens en is van sy diensvuurwapen beroof, en die verdagtes bly op vrye voet.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Siphokazi Mawisa, het gesê dat twee polisiebeamptes omstreeks 17:35 gereelde patrollies in Gelvandale gedoen het toe hul voertuig op Kobusweg, Helenvale, gaan staan het.
“Terwyl hulle probeer het om die voertuig aan die gang te kry, is hulle deur drie gemeenskapslede bygestaan. Die bestuurder het ‘n skoot hoor klap, en by inspeksie ontdek dat die konstabel in die kop geskiet is. Hy is na die hospitaal geneem waar hy later gesterf het,” het lt.kol. Mawisa gesê.
“Die vuurwapen van die oorlede konstabel was ook vermis. ‘n Ondersoek is aan die gang, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”
Die naam van die oorledene konstabel is nog nie bekend gemaak nie.
Die DPCI het die saak oorgeneem vir verdere ondersoek.
“Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Nomthetheleli Mene, veroordeel ten sterkste die moord op ‘n polisiekonstabel deur oortreders terwyl hy daartoe verbind was om veiligheid vir almal te verseker. Sy doen ‘n beroep op die publiek om inligting te verskaf wat kan lei tot die arrestasie van die oortreders en bring hulle tot geregtigheid,” het lt.kol. Mawisa gesê.
