Inligting oor ‘n voertuig se ligging, ‘n Toyota Fortuner, wat tydens ‘n huis roof in Harding-omgewing geneem is, is ontvang.
Toe hulle die voertuig in die omgewing van KwaMnyandu Mall Naby Durban nader, het ‘n insittende in die passasierskant uit die voertuig geklim en die polisie met ‘n vuurwapen gedreig. Die lede het ‘n skoot afgevuur en die verdagte in die been gewond. By nadere ondersoek van die voertuig het polisielede ‘n slagoffer in die voertuig gevind wat erg aangerand en op die agtersitplek vloer van die voertuig vasgebind is.
Twee verdagtes het daarin geslaag om te vlug terwyl hulle in die winkelsentrum was en met die slagoffer se bankkaart onttrekkings by ‘die ‘n OTM gemaak het.
Verskeie inkriminerende items, insluitend ‘n vuurwapen (reeksnommer afgevyl) en ammunisie, ‘n speelgoedgeweer en vermoedelik gesteelde eiendom is teruggevind.

Die gearresteerde verdagte is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Polisie-ondersoeke duur voort
