Die Stad Johannesburg se Noodbestuursdienste (EMS) sê geen beserings of skade is aangemeld ná ‘n aardbewing gisteraand ongeveer 20:30 nie.
Hulle sê die skudding is in groot dele van Johannesburg ervaar en voortydige inligting toon dit het 3.1 op die Richterskaal gemeet met die episentrum in Randfontein.
Die Raad vir Geowetenskappe moet dit egter nog bevestig, insluitend die omvang daarvan.
Robert Mulaudzi, woordvoerder van die EMS, sê: “Inwoners word versoek om veilig te wees. Ons bly oornag op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en monitor al sewe streke van die Stad vir enige berigte wat met die aardbewing verband hou.”
