Gesamentlike operasie lei tot die herwinning van besending ongelisensieërde ammunisie en springstof in Ficksburg

‘n Gesamentlike operasie gebaseer op intelligensie-gedrewe inligting tussen Ficksburg Misdaadintelligensie; Bloemfontein Taktiese Reaksiemag en K9 van Ladybrand het gelei tot die ontdekking van ‘n vermoedelik ongelisensieërde ammunisie en springstof by ‘n huis in Ficksburg.

Op Dinsdag 26 November 2024 het lede van Misdaadintelligensie, Ladybrand K-9-eenheid en Bloemfontein TRT ‘n deursoek- en beslagleggingsoperasie by ‘n residensiële perseel in Ficksburg uitgevoer. Tydens die operasie is ‘n groot hoeveelheid ammunisie, plofstof en ander militêre graad toerusting gevind wat vermoedelik aan die SAPD en SANW behoort.

Die teruggevind items sluit in:

  • Verdoof en rook granate
  • Potloodfakkels
  • Donderbuise
  • Handsein rookgranate
  • ‘n Groot aantal R1 en R5 ammunisie

“As SAPD neem ons die ongemagtigde besit en gebruik van militêre toerusting en ammunisie baie ernstig op. Dit is net ‘n aanduiding van hoe ons ons intelligensie-insameling opgeskerp het wat tot hierdie deurbraak gelei het,” het die provinsiale kommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, gesê.

‘n 56-jarige man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op moontlike aanklagte soos die besit van ongelisensieerde ammunisie, besit van vermoedelik gesteelde ammunisie en besit van springstof.

Ondersoek in hierdie saak sal voortgaan om dieper te delf na hoe so ‘n groot hoeveelheid ammunisie en springstof in die hande van ‘n individu beland het wat nie gemagtig is om te besit nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui