Onwettige sigarette en klerebergingseenheid gevind en twee verdagtes in Witrivier vasgetrek

NELSPRUIT – ‘n Intelligente gedrewe operasie het gelei tot die herwinning van onwettige sigarette en klereberging waardeur twee verdagtes vandag, 25 November 2024 omstreeks 09h00 by Rocky’s Drift in Witrivier vasgetrek is.

Lede van Pienaar Misdaadintelligensie het sowat drie maande lank ’n waarneming gedoen. Daarna het lede ‘n operasie geloods na aanleiding van die waardevolle inligting in samewerking met lede van Witrivier SAPD.

Twee Ethopiese burgers, onderskeidelik 27 en 47 jaar oud, is gevind met onwettige sigarette, sommige klere-items, sowel as groot bedrae kontant en ander items, insluitend bleikroom.

Van die goed wat op die perseel ontdek is, is drie voertuie, insluitend ‘n ambulans waar twee voertuie met onwettige items gelaai was terwyl die ambulans in ‘n motorhuis toegesluit gevind is. Een van die voertuie met vals registrasienommerplate toegerus.

Al die items wat gevind is, insluitend voertuie is gekonfiskeer vir verdere ondersoek. Die dossier sal aan die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI of Valke) oorhandig word vir verdere ondersoek.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor (dr) Zeph Mkhwanazi het lede geloof vir die uitstaande werk. “Onwettige handel het ‘n negatiewe impak op openbare gesondheid en die ekonomie. Dit is ‘n aanduiding dat ons intelligensie baie aktief is, vandaar hierdie sukses. Diegene wat dink hulle kan hul kanse in ons provinsie waag, sal hulle ons magte ontmoet,”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui