Interpol se mees gesoekte verdagte is by OR Tambo vasgetrek

Die Grensbestuursowerheid het Vrydag ‘n Duitser op Interpol se lys van mees gesoekte misadigers by die OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer.

Die BMA sê in ‘n verklaring dat die Duitse verdagte aanvanklik in Turkye onderskep is, terwyl hy met ‘n bedrieglike Israeliese paspoort gereis het.

Hy het op 8 November 2024 na Suid-Afrika teruggekeer.

Die agentskap se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê tydens die daaropvolgende ondersoek het amptenare opgemerk dat die verdagte ‘n Duitse aksent het ondanks die feit dat hy beweer het dat hy ‘n Israeliese burger is.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking is gekontak en deur die ambassade bevestig dat die verdagte nie ‘n Israeliese burger was nie.

“Na verdere ondersoek deur die BMA-amptenare is Interpol gekontak, en die verdagte is op die rooi lys van die mees gesoektes bevind en het die afgelope agt jaar arrestasie vir dwelmhandel ontduik. Daar is ook bevind dat die verdagte ‘n internasionale lasbrief vir arrestasie het en het onder ‘n nuwe identiteit in Malawi gewoon en in besit is van ‘n Malawiese tydelike woning.”

Daar is gevind dat die verdagte met beide Duitse en Israeliese paspoorte gereis het en word daarvan verdink dat hy die Israeliese identiteit gesteel het.

“Interpol het die verdagte onmiddellik gearresteer, en hy is steeds in aanhouding en wag op uitlewering aan Duitsland,” het Mogotsi gesê.

Die Kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, het gesê die onderskepping beklemtoon die kritieke rol wat die BMA speel in die beveiliging van Suid-Afrika se hawens van toegang en samewerking met internasionale veiligheidsagentskappe om transnasionale misdaad te bekamp.

“Ons robuuste stelsels en vennootskappe met Interpol en ander globale entiteite het onontbeerlik bewys om ons land se veiligheid en integriteit te beskerm.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui