Hossain Akiet, wat van Bangladesh is, het Woensdag in die Phalaborwa-streekhof verskyn vir die verkragting van ‘n 10-jarige dogtertjie in Mei 2022 toe hy die meisie in sy winkel toegesluit het voordat hy haar aagenrand het.
Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, het gesê op die dag van die voorval, om 11:00, is die meisie deur haar ouma na die winkel gestuur om ‘n paar huishoudelike items te koop.
“Die slagoffer het die 38-jarige winkeleienaar gevind wat die deur toegesluit het toe sy die perseel wou verlaat nadat sy die items gekoop het,” het hy bygevoeg.
“Die beskuldigde het die slagoffer gegryp en met geweld na ‘n kamer aan die agterkant van die perseel geneem waar sy verkrag is.”
Ná die verkragting het die meisie teruggekeer huis toe en sy het haar familie ingelig oor wat met haar gebeur het.
Ledwaba het gesê die familie het die saak by die polisie aangemeld, wat dadelik ‘n soektog na die verdagte van stapel gestuur het en hom uiteindelik dieselfde dag in hegtenis geneem het.
“Die saak is na die Phalaborwa-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe oorgeplaas en aan sers. Sharlot Luphondo-Mkansi opgedra,” het hy gesê.
“Deur haar opsporingsvermoëns het sers. Luphondo-Mkansi geen steen onaangeroer gelaat om te verseker dat borgtog teengestaan word tot sy vonnis tot lewenslange tronkstraf sonder die opsie van ‘n boete nie.”
Die hof het ook beveel dat Akiet by die Nasionale Register van Seksuele Oortreders gevoeg moet word.
Thembi Hadebe, polisiekommissaris van Limpopo, het gesê die polisie sal alles in hul vermoë doen om te verseker dat verkragters die volle mag van die wet in die gesig staar.
