Die Feesseisoen Padveiligheidsveldtog was kwalik aangekondig toe vyf mense dood en een beseer is Vrydagaand in ‘n tragiese ongeluk op die N3-hoofweg naby Balmoral. Verkeer is vir etlike ure tot stilstand gedwing by Harrismith.
Volgens Sipho Towa, provinsiale distrik EMS bestuurder, het ‘n trompop botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n motor vroegaand plaasgevind, met nooddienste wat omstreeks 20:00 by die toneel opgedaag het.
Die drywer van die trok wat betrokke was in die botsing, is ook oorlede.
“Padveiligheid is ‘n verantwoordelikheid vir ons almal, en dit begin by jou!” het Mbalula gesê.
