Voormalige minister Pravin Gordhan in die hospitaal opgeneem
Pravin Gordhan, voormalige minister van openbare ondernemings, is in die hospitaal opgeneem, het sy familie gesê. ’n Kort verklaring Dinsdagaand, wat namens die voormalige minister se familie uitgereik is, sê hy ontvang “die beste beskikbare mediese sorg”. Dit het nie verdere besonderhede oor sy toestand gegee nie. “Die familie het in hierdie moeilike tyd privaatheid…
