Industriële gebou geplunder
Die indrukwekkende Nutritional Foods gebou in Industriastraat, Klerksdorp is besig om geplunder te word. Klerksdorpers is geskok dat die plek “voor ons oë, baksteen vir baksteen weggedra word en niemand doen iets daaraan nie’’. Volgens die polisie kan hulle nie teen die plunderaars optree nie aangesien die eienaar nie ‘n diefstalklagte gelê het nie. Klerksdorp…
