Lede van ‘n Australiese godsdiensgroep wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n agtjarige diabetiese meisie vermoor het deur haar mediese sorg te weier se verhoor het ‘n anvang geneem.
Elizabeth Struhs is in Januarie 2022 dood gevind by ‘n huis in Toowoomba – sowat 125 km (78 myl) wes van Brisbane – nadat sy na bewering vir byna ‘n week sonder insulien moes klaarkom.
Aanklaers sê lede van ‘n sekte, bekend as The Saints, het gebid dat God die kind sal genees, eerder as om hulp te soek aangesien haar gesondheid verswak het.
Die meisie se ouers is onder 14 beskuldigdes, wat almal verkies het om hulself in die hoogs gepubliseerde en hoogs ongewone saak te verteenwoordig.
Twee mans – Elizabeth se pa Jason Struhs (52) en die godsdienstige groep se leier Brendan Stevens (62) is van moord aangekla, met aanklaers wat gesê het hulle het die ander lede van die groep aangemoedig of opdrag gegee.
Die meisie se ma, Kerrie Struhs (49), broer Zachary Struhs (21) en tien ander – tussen die ouderdomme van 22 en 67 – word van manslag aangekla.
Terwyl die verhoor Woensdag by die Brisbane Hooggeregshof begin het, het die groep een vir een ingestap om hul toegekende posisies in ‘n hofsaal in te neem wat spesifiek aangepas is om hulle almal te akkomodeer. Die beskuldigdebank, waar beskuldigdes gewoonlik in ‘n strafregtelike verhoor sit, was te klein. So het die mans, geklee in tronk-kakies, en die vroue, in blou uniforms, by twee lang tafels gesit.
Die groep het prokureurs geweier, en almal het geweier om pleidooie op die aanklagte in te handig.
Formeel beskou die hof dan ‘n pleit van onskuldig.
Weens die kompleksiteit en bekendheid van die saak, sal die verhoor slegs deur ‘n regter aangehoor word – geen jurie nie – en sal na verwagting sowat drie maande duur.
Met die opening van haar saak, het aanklaer Caroline Marco gesê Elizabeth was ‘n “intelligente, geestelike kind”.
Maar sy was te jonk om die verskriklike gevolge van haar ouers se besluit om insulien van haar te weerhou te verstaan … waarvoor sy uiteindelik met haar eie lewe betaal het.”
