Chemikalieë wat gebruik word in die vervaardiging van dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R2 miljard wat by Limpopo-plaas gevind is.
Die Valke het 10 geheime dwelmlaboratoriums ontbloot en 34 arrestasies gemaak sedert die begin van die jaar.
Die aantal arrestasies het Vrydag en Maandag toegeneem nadat vier verdagtes in hegtenis geneem is in ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Limpopo Serious Organised Crime Investigation (SOCI) span, bygestaan deur die Limpopo Taktiese Reaksiespan, op ‘n plaas in Groblersdal waar ‘n multi -miljoen rand klandestiene laboratorium is ontdek.
Die vier beskuldigdes, insluitend twee Mexikaanse burgers, Gonzales Jorge (51); Gutierrez Lopes, 43; Simphiwe Khumalo, 35; en Frederick Botha (67) het Maandag in die Groblersdal-distrikshof verskyn.
’n Bykomende verdagte is Maandag in hegtenis geneem op aanklagte van vervaardiging, handel en besit van onwettige dwelms.
Die Valke se nasionale woordvoerder, kolonel Katlego Mogale, het gesê die Valke in Limpopo het inligting ontvang oor verdagte aktiwiteite wat op die plaas plaasvind. Die inligting is toe verwerk en ‘n operasionele klopjag is beplan waarna die span toegeslaan op die perseel.
“Vier strukture op die eiendom is deursoek, en groot hoeveelhede chemikalieë wat in die vervaardiging van onwettige dwelms gebruik is, insluitend asetoon sowel as kristalmet met ‘n geraamde straatwaarde van R2 miljard, is teruggevind,” het Mogale gesê.
TYdens die operasie is vier verdagtes in hegtenis geneem.
Die saak teen die vier is tot 1 Augustus uitgestel vir verdere ondersoeke.
Die 44-jarige bykomende verdagte, wat ook van Mexikaanse oorsprong is, sal binnekort in die hof verskyn.

Simphiwe Khumalo, Gonzales Jorge, Gutierrez Lopes and Frederick Botha. Picture: Hawks
