Nuuswenk ontvang van: Adi Schlebusch
Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) is lank reeds bekend vir die handhawing van puik akademiese standaarde en die Christelik-Gereformeerde karakter van die onderrig wat ongeveer 2 500 leerlinge in die 30 CVO skole landswyd ontvang.
Die BCVO het ‘n aantal weke gelede hul 30ste bestaansjaar op gepaste wyse gevier toe ds Carl Vermaak, ‘n lid van die direksie, ‘n dankdiens tydens hierdie beweging se jaarlikse Rugby- en Netbal Winterspele gelei het.
Tydens die pas afgelope AVS Bokkieweek het CVO-leerlinge egter ook ongekende sukses op die sportveld behaal toe die BCVO se 0/13 rugbyspan ‘n uitmuntende derde plek uit 16 deelnemende spanne verwerf het.
Die span se oorwinnings oor Transvaal (met 20-3), Noord-Vrystaat (53-0) en Griekwas (31-19) het die die skare behoorlik aan die gons gehad.
BCVO het slegs hul rieme vasgeloop teen die uiteindelike kampioene, Noord-Transvaal (Wes). Drie van die spanlede is dan ook gekies vir die AVS Bokkieweek se 0/13 Nasionale- en Uitnodigingspanne: GJ van Niekerk, Mynard Herholdt en Dawid Oosthuizen.
Uit die BCVO se 0/14 rugbyspan is daar ook 3 spelers opgeneem die AVS se 0/14 spanne: Stefan Erasmus, Josua Kotze en Andreas Smith.


Met staatskoolkinders in??
Dit is die BCVO skool se interne bokkieweek.
Geen staadsskool kinders is in die span nie span is opgemaak uit slegs CVO leerlinge
Daar is verseker by 0/19 staatskool leerlinge …asook 0/16
Maar hkm pla dit jou! Ek was daar en wil net baie geluk se an die uitmintende rugby en die ongelooflike vordering in die spanne! Wel gedaan julle is op die regte pad!
Daar is nie enige staatskoolkinders in BCVO se 0/13 span nie. Wel in die 0/19 span omdat ons nie spelers in bepaalde sleutelposisies gehad het nie.